ANHS Buffel presteer op rugby gebied.

gershowoneGershwone Smith, ANHS se trots, het geskiedenis in Alieland gemaak toe hy gekies is vir SARU se gesogte onder 16 "Elite Player Development Squad".

Hierdie oefengroep word deur die Suid Afrikaanse Rugby Unie gekeur en aangewys na aanleiding van die Nasionale weke waaraan spelers deelneem asook vroeër talent identifikasie van spelers.

Die groep bestaan uit 60 van die beste onder 16 rugbyspelers in die land. Dit beteken dat daar dus 4 onder 16 spanne oor die hele land identifiseer word om aan die  oefenkamp deel te neem. Wat hierdie prestasie nog meer besonders maak is dat Gershwone met ander woorde 1 van die 4 beste rugby spelers in sy posisie en ouderdomsgroep in Suid Afrika is. Gershwone is ook ñ trotse produk van Laerskool Aliwal Noord.

Die oefenkamp vind plaas vanaf 22 tot 28 September 2019 in die Paarl by Paarl Gimnasium.

Die Alies wens jou alle sterkte toe, Gershwone! Mag jy die Buffels se naam hoog hou en mag jy net voorspoed en guns geniet. My Trop, My

ANHS Skoonmaakprojek

Skoonmaakprojek

‘n Klompie gewillige landsdieners en Interacters het Saterdag, 7 September, gehelp met die Trash Bash skoonmaakprojek. Die Alies het langs die pad, tussen Spar en die bruggie op die Burgersdorp pad, skoongemaak. Dit is nie n aangeneem taak nie maar die leerders het die taak met entoesiasme aangepak. Dit wys dat daar tog mense is wat gewillig is om hulle gemeenskap op te bou.  Mooi so ANHS!